FOTO: Sean Laurént

FOTO: Sean Laurént

Het jy gehoor?

Chad le Clos se ouers het albei kanker

Chad le Clos het in ’n verklaring op sy webtuiste bekend gemaak dat kanker by albei sy ouers gediagnoseer is.

Hy skryf:

“Die Rio Olimpiese Spele is ’n paar weke weg, maar ek kan bevestig dat albei my ouers kanker het.

“My ma, Geraldine, het borskanker wat terug is ná sy in 2010 in remissie was. Sy het onlangs ’n dubbele mastektomie ondergaan en kry nou chemoterapie. My pa, Bert, het prostaatkanker ontwikkel en het aan die einde van Junie ’n operasie ondergaan.

“Dit is nie ’n maklike tyd vir my nie, maar ek oefen hard vir Rio. Meer as enigiets anders wil ek hê hulle moet hul battles wen. Ek hoop ook dat hulle in Rio sal wees.”

Geraldine en Chad FOTO Verskaf

Geraldine en Chad
FOTO Verskaf

Chad is vir die tweede keer as een van die ambassadeurs van die horlosievervaardiger Omega, wat ook die amptelike tydhouer vir die Spele is, gekies.

In die amptelike lokprent vir Omega en die Rio-spele is Michael Phelps, Sergio Garcia en Jessica Ennis-Hill saam met Chad.

Dis die tweede keer dat Chad in Omega se Olimpiese Spele-veldtog verskyn.

Vir die Londen 2012 Spele is hy saam met die Chinese duiker Qiu Bo, Amerikaanse swemmer Natalie Coughlin, Britse atleet Jessica Ennis, Amerikaanse atleet Tyson Gay en die Amerikaanse paalspringer Jenn Suhr in die advertensie.

Omega beskryf elke atleet op hul webtuiste. Michael Phelps is die rekordhouer, omdat hy die mees bekroonde Olimpiër van alle tye is met 22 medaljes. Sergio Garcia is gholf se big hitter en Jessica Ennis-Hill (’n ma van ’n 2-jarige!) het die wengees.

Michael Phelps SKERMGREEP YouTube / Omega

En Chad is die rising star, want hy het al in 2010 by die Jeug Olimpiese Spele gewys van watter stoffasie hy gemaak is, ons baie trots gemaak by die 2012 Spele met 2 medaljes en is al 3 keer aangewys as die wenner by Fina se Wêreldkampioenskap (in 2011, 2013 én 2014). Vanjaar as 24-jarige is hy ’n gunsteling om nóg Olimpiese medaljes huis toe te bring.

Ek het voorberei soos niemand anders nie. Geestelik, glo ek ek is die sterkste atleet daarbuite. Nie baie kan my breek nie.

– Chad le Clos

Chad le Clos SKERMGREEP YouTube / Omega

Bron: Omega, Chadleclos.com