FOTO Omega

FOTO Omega

Het jy gehoor?

KYK: Chad le Clos in 2de Olimpiese video

Rio de Janeiro hier kom ons! Die Olimpiese Spele word vanjaar vanaf 5 – 21 Augustus in dié kleurryke stad gehou. As amptelike tydhouer vir die Spele, het die horlosievervaardiger Omega vier wêreldbekende atlete as hul ambassadeurs gekies. En ons eie Chad le Clos is een van hulle.

In die amptelike lokprent vir Omega en die Rio-spele is Michael Phelps, Sergio Garcia en Jessica Ennis-Hill saam met Chad.

Dis die tweede keer dat Chad in Omega se Olimpiese Spele-veldtog verskyn.

Vir die Londen 2012 Spele is hy saam met die Chinese duiker Qiu Bo, Amerikaanse swemmer Natalie Coughlin, Britse atleet Jessica Ennis, Amerikaanse atleet Tyson Gay en die Amerikaanse paalspringer Jenn Suhr in die advertensie.

Omega beskryf elke atleet op hul webtuiste. Michael Phelps is die rekordhouer, omdat hy die mees bekroonde Olimpiër van alle tye is met 22 medaljes. Sergio Garcia is gholf se big hitter en Jessica Ennis-Hill (’n ma van ’n 2-jarige!) het die wengees.

Michael Phelps SKERMGREEP YouTube / Omega

Michael Phelps
SKERMGREEP YouTube / Omega

En Chad is die rising star, want hy het al in 2010 by die Jeug Olimpiese Spele gewys waarvan hy gemaak is, ons baie trots gemaak by die 2012 Spele met 2 medaljes en is al 3 keer aangewys as die wenner by Fina se Wêreldkampioenskap (in 2011, 2013 én 2014). Vanjaar as 24-jarige is hy ’n gunsteling om nóg Olimpiese medaljes huis toe te bring.

Ek het voorberei soos niemand anders nie. Geestelik, glo ek ek is die sterkste atleet daarbuite. Nie baie kan my breek nie.

- Chad le Clos

Chad le Clos SKERMGREEP YouTube / Omega

Chad le Clos
SKERMGREEP YouTube / Omega

 

Bron: Omega