Channing Tatum op Junie se GQ

Het jy gehoor?

Channing Tatum: ‘Ek is ’n hoogsfunksionerende alkoholis’

Channing Tatum se gesig pronk op die voorblad van GQ se Junie-uitgawe en in dié eksklusiewe voorbladstorie erken die akteur dat hy tien teen een geklassifiseer kan word as ’n hoogsfunksionerende alkoholis.

Channing Tatum het ’n onsigbare vriend gehad toe hy klein was. Hy hou baie van koek, bier en Amerikaanse whiskey (bourbon) en hy erken dat hy heel moontlik te véél van hierdie drie dinge hou, berig die manstydskrif GQ. Lees die volle berig hier.

Channing het dit aan Chris Heath vertel tydens sy onderhoud vir GQ se Junie-uitgawe.

Die laaste 18 maande het Channing vier films in ’n ry gemaak – White House Down, FoxcatcherJupiter Ascending en 22 Jump Street. In hierdie tyd het hy en sy vrou, Jenna Dewan, boonop ’n babadogtertjie, Everly, in hul lewe verwelkom. Sy is nou 9 maande oud.

FOTO: Channing Tatum wys sy babadogtertjie

Channing hou van die gevoel wat alkohol by hom aanwakker. Hy sê dit kalmeer sy gedagtes in besige tye.

“Daar is seker ’n geneigdheid om te wil ontsnap. Ek stel dit gelyk aan kreatiwiteit en ek stel dit beslis gelyk aan ’n lekker tyd,” vertel Channing.

Tog noem hy dat min dinge ’n mens só motiveer om minder te drink as ouerskap. Hy gaan ook probeer om vir die 4 maande wanneer die Magic Mike-opvolg geskiet word glad nie te drink nie.

Alkoholisme in Suid-Afrika

Sielkundige Louis Awerbuck het onlangs ’n paar gedagtes oor alkoholisme met ons gedeel. Lees die volle storie hier.

Alkoholmisbruik het daagliks ’n effek op miljoene mense se lewens, ons ekonomie, misdaadsyfers en huwelike. Skokkende feite wys dat 46% van mense wat in Suid-Afrika aan onnatuurlike oorsake sterf, ’n verhoogde bloedalkoholvlak het. So ook met 39% van alle pasïente wat by waakeenhede in hospitale toegelaat word.

Wanneer is jy ’n alkoholis?

Jy kan iemand klassifiseer as ‘n alkoholis wanneer daar ‘n konstante effek op een of albei van die volgende twee gebiede is:

  • Fisiek: Waar jou liggaam letterlik verslaaf raak as gevolg van gereelde gebruik. Die toets hier is of die persoon vir lang tydperke sonder alkohol kan klaarkom, en of hy/sy fisieke onttrekkingsimptome kry as daar nie alkohol ingeneem word nie.
  • Sosiaal/persoonlik: Waar gereelde gebruik veroorsaak dat die persoon in die moeilikheid kom, dit sy/haar werk negatief beïnvloed, probleme met die gesin/familie veroorsaak, of waar dit ’n terneergedrukte gemoed veroorsaak by die persoon. Hieronder kom ook “gulsige drink” (“binge drinking”) voor, waar iemand vir lank geen behoefte aan alkohol het nie, maar as hy/sy per geleentheid wel alkohol gebruik, so veel en aanhoudend as moontlik drink.

Bronne: GQ, Huffington Post

Nóg oor Channing Tatum