Chaninng
Het jy gehoor?

Channing Tatum se vrou: “My man is mal oor my nuwe lyf”

Dit is net 4 maande ná haar eersteling Everly se geboorte, maar Jenna Dewan-Tatum het reeds haar vietse lyf terug! En manlief Channing is glo mál daaroor …

Jenna wys haar vietse lyf op die voorblad van die November-uitgawe van SELF.  Dié 32-jarige aktrise en voormalige danser se lyf is binne weke ná die geboorte van Everly reeds viets en ferm. Sy sê in die onderhoud met die tydskrif dat sy wel nou meer kurwes het, maar dat dít haar nie bekommder nie. Sy erken ook dat haar akteursman, Channing, mal is daaroor.

 

Jenna Dewan-Tatum

 

Soos by die meeste nuwe ma’s moes haar fiksheidsroetine ook maar tweede viool speel.  “In die verlede sou ek baie hard geoefen het as ek sien een van my broeke pas nie meer nie. Maar nou beteken dít nie meer vir my die einde van die wêreld nie. Ek het ander prioriteite en boonop is Chan (haar bynaam vir Channing) mal oor my nuwe kurwes.”

Hoe het sy dan dié geoefende lyf gekry? Haar fiksheidsinstrukteur, Jennifer Johnson, het haar geheim gedeel. Sy het kardiovaskulêre oefening gedoen en dit gekombineer met versterkingsoefeninge, wat weerstand- en strekoefeninge insluit. Dié kombinasie is blykbaar nie net goed vir gewigsverlies nie, maar ook om jou ’n lenige voorkoms te gee. Klik hier vir dié oefeninge.

FOTO: Twitter

Channing en Jenna by Everly wat op 31 Mei in Londen gebore is, FOTO: Twitter

FOTO: Channing Tatum wys sy babadogtertjie

Channing het reeds tydens Jenna se swangerskap aan E! News erken dat hy baie van haar voller figuur hou. Dié paartjie is in 2009 getroud nadat hulle in 2006 op die stel van die fliek Step Up ontmoet het.

Bronne: E! News, SELF