sr0808charl
Het jy gehoor?

Charl du Plessis kry gróót toekenning

Om as die Steinway Artist aangewys te word is ‘n groot eer, en jou naam word dan ook in dieselfde asem as pianiste soos Abdullah Ibrahim, Sergei Rachmaninoff, George Gershwin, Vladimir Horowitz, Martha Argerich, en Alfred Brendel s’n genoem! Meer as 1 300 pianiste wêreldwyd het al hierdie eer gekry.

Charl du Plessis is tans die enigste kunstenaar wat ernstige musiek-optredes in verskeie genres doen: klassiek, pop, rock en jazz. Gehore van regoor Afrika, Europa en die Ooste het dié pianis al in aksie gesien, en dis duidelik dat sy virtuose spel enigiets van Bach tot Billie Joel insluit. Hierdie Doktor van musiek tree mer as 100 keer per jaar op en het reeds 2 albums en 1 DVD bekendgestel sedert 1999, toe hy begin optree het.

Hy’t met ‘n Steinway by die huis grootgeword en die klavier is al vir 4 generasies in hul familie.