getty_albert_charlene
Het jy gehoor?

Nuwe foto: Charlene en prins Albert die ‘toonbeeld van geluk’

Sedert die storm om hul koppe losgebars het net voor hul koninklike troue in Julie, kyk die wêreld met skeptiese oë na die paartjie. Volgens dailymail.co.uk het hulle egter gelukkig gelyk by die bal. Prins Albert het glo ook die skinderblaaie verkeerd bewys wat beweer hy dra nie sy trouring nie.

Charlene het soos gewoonlik beïndruk met ’n stylvolle ivoorkleurige rok.

“Die paartjie het net oë vir mekaar gehad en was die toonbeeld van geluk,” berig dailymail.co.uk.

Ons is baie bly vir Charlene dat dit lyk asof die skindertonge vir eers stil is oor haar huwelik. En ons kan nie wag vir die eerste kleinding nie – ’n klein prinsie of prinsessie met SA bloed.

  • Olga

    Pragtig. Los hulle net uit. Hulle is gelukkig!!!!

  • Drienie LAmbert

    Pragtige paartjie en bly hul wys bietjie die skindertonge ‘n ding of twee! Hul sal ‘n sukses maak van hul troue! Geluk julle tweetjies

  • suzette

    Hulle tweetjies was nog altyd gelukkig, die toonbeeld van geluk, dis die pers wat altyd iets soek wat daar nie is nie, hulle het fout gesoek in elke foto, dis wat ek pes van die pers hulle blaas altyd iets op en aan wat daar nie is nie, plaas hulle die tweetjies respekteer vir hulle styl, elegansie en gesofistikeerdheid. Ek geniet vir Prisnes Charlene en haar man baie, beter baie beter as die gemors van selebs wat ons in SA het.

  • Antoinette

    ek dink prinses charlene is absoluut beeldskoon, en ek is baie trots op haar. mag sy altyd gelukkig wees in haar huwelik. God bless you Princess Charlene.

  • Ansie VdMerwe

    Om te dink na al sy jare as vrygesel en terwyl ons weet dat dames toue gestaan het om die prins se aandag op hulle te kry, kies hy ‘n boeremeisie, ons prinses charlene en kies hy haar om vir hom ‘n opvolger te gee. Hy moes haar as talentvolle atleet, haar skoonheid, haar morele standaarde, haar selfstandigheid, haar inteligensie en haar geloof raakgesien het. Ek het gelees dat sy geloof haar beïndruk het, so ek aanvaar hulle voer diep gesprekke. Ons as gelowiges struikel ook, maar help mekaar op en vergesel mekaar as huweliksmaats op ons pad na die ewigheid. Ek glo Prins Albert respekteer sy vrou om die regte redes en vir eienskappe wat hy tot dusver nie by ander vroue gevind het nie. Wees daarom trots op charlene! Gee hulle kans, julle sal nog sien hoe trots ons op hulle gaan wees!