Het jy gehoor?

Charlene Wittstock by Angelina se juwele-bekendstelling

Dié reeks is ontwerp deur Angelina Jolie in samewerking met Robert Procop en bestaan uit unieke juweliersware met waardevolle stene, berig www.royalcorrespondent.com.

‘n Deel van die wins gaan aan ‘n liefdadigheidsprojek van Angelina se keuse, die Education Partnership for Children of Conflict.

“Angelina straal elegante selfvertroue uit. Haar styl fassineer mense wêreldwyd en met dié juwele deel sy haar grasie en passie,” het Robert op die Style of Jolie-webblad geskryf.

Charlene trou op 2 Julie met prins Albert van Monaco.

  • Erika Henn

    Ek het gewonder hoekom hulle nie al lankal een van haar gemaak het nie, gaan die Prinses saam met die Prins verenig word? Wat van ‘n Prins van Manaco Pop/