img_charlene_wittstock_153129982993.jpg_article_singleimage
Het jy gehoor?

Charlene Wittstock: Mode was my grootste uitdaging

In die nuutste Vogue pryk ons mooi Charlene Wittstock. Sy vertel van haar en prins Albert se eerste ontmoeting. En hoe sy gesukkel het om in die internasionale styl-ikoon wat sy vandag is, te ontwikkel.

Om pal in die kollig te wees beteken dat jy altyd moet goed lyk. Veral by rooi-tapyt-geleenthede of koninklike gesellighede.

“Aan die begin was ek so onseker, ek het ander se raad en hulp verwelkom, maar nou het ek meer selfvertroue, ek waag meer en het my styl gevind,” vertel sy aan Vogue. Iets wat natuurlik byna te moeilik is om te glo, aangesien sy een van die elegantste gaste by prins William en Catherine se troue in April was!

Karl Lagerfeld, die hoof-ontwerper vir Chanel, noem Charlene se styl in Vogue ’n vars bries wat deur Monaco waai. Hy het haar al meer as een keer op ’n fotosessie haar eie klere laat uitkies. “Dit het my selfbeeld, in terme van mode, die wêreld se goed gedoen,” sê sy.

Nou het haar mode-selfvertroue al soveel gegroei dat sy ’n modeweek in Monaco wil begin met ontwerpers soos Ralph Lauren en Stella McCartney aan boord. Volgens haar was Grace Kelly die oorbrugging tussen Monaco en Hollywood, maar sy wil die een wees wat Monaco een van die wêreld se grootste modestede maak.

Gevra wat Chris Viljoen, SARIE se mode-direkteur, van Charlene se styl dink, sê hy: “Sy het ‘n pragtige styl, maar ek dink sy sit soms in ‘n mode-dilemma. Sy is in die wêreld se paparazzi se oë, en terselfdertyd moet sy protokol volg, die ontwerpers se klere dra en steeds haar eie smaak inbring. Dit kan soms uitdagend wees, maar sy kry dit baie goed reg!”

Charlene Wittstock vir Vogue Charlene Wittstock vir Vogue
  • Heinriette

    Baie baie elegant!!!!!!! Sy doen SA proud!

  • Dolla

    Ek is baie trots op haar, sy gaan nog n groot naam word. Suid-Afrika kan ook trots wees op haar,sy beeld die vrou uit as sag,intelegend,statig,maar ook trots,n persoon uit eiereg, Ek kan nie wag om haar en Kate te sien ontwikkel nie,.Charlene gaan n wereld ikoon word,met haar persoonlikheid sowel as haar styl.

  • A Pretoria

    sjoe ! Charlene is pragtig _ al die mense wat verlede week kritiek gegee het in die huisgenoot oor haar bree skouers – kyk en kyk weer !!!!
    Charlene – stay true to yourselve…

  • Elmarie

    Sy lyk op elke foto wat ek al van haar gesien het koninklik! In die aandrok lyk sy regtig asemrowend – ‘n ware prinses! En daai LYF in die baaikostuum! SJOE!! Sy moet net nie nog maerder word nie – so is sy perfek sowaar. Albert is wraggies ‘n gelukkige man hoor!

  • Karin

    Ook mal oor haar

  • Elizabeth

    Pragtige, statige vrou! SA se BESTE uitvoerproduk – vergeet tog maar van Charlize THYron – hierdie vrou het klas!

  • Mariaan

    Ek dink Charlene het die gesig, die lyf en die houding om van haar nuwe rol as getroud met ‘n koninklike ‘n yslike sukses te maak. Sy het styl die is gewis. Ons is baie trots in SA op haar en gaan haar dophou met trots. Ek wens haar net die beste toe. Mag sy baie gelukkig wees en nie versmoor in haar nuwe rol nie.

  • Riana

    Charlene se rok was asemrowend mooi. Sy was sereen, elegant en beeldskoon. Geen juwele nie, net die versiering in haar hare. Dit is styl.

  • meedsdenJoina

    I would recommend everyone try paths responsible quit law the on as do long THC stays in urine for a longer time. [url=http://vapeslayer.info/]more info[/url] Regular use of JWH-018 has many potent psychological and cognitive can two is perceived to be more damaging than the sum of its parts.