27202_415461840916_61661115916_5204277_6257887_n
Het jy gehoor?

Charlene Wittstock se interessante familiegeskiedenis

Dudley Kenneth Wittstock se medesoldate het almal gevlug en toe hy nie later opdaag nie, het hulle aanvaar hy is oorlede.

Hy het net sy bewussyn verloor en kon gelukkig in sy laaste helder oomblik ’n stuk hemp om sy arm bind om die bloedverlies te verminder.

’n Duitse soldaat het hom gekry en na die naaste hospitaal geneem.

Intussen is Wittstock se ouers in kennis gestel dat hy gesneuwel het. ’n Doodsertifikaat is uitgereik en die familie het ’n roudiens gehou.

Hy het wonde aan sy gesig, arms, skouers en oë opgedoen. Toe hy weer kon sien, het hy sy agterste broeksak afgeknip en vir sy ma ’n brief daarop geskryf. Met ses van haar sewe seuns in die oorlog het sy gedink dié brief bring weer doodstyding. Nodeloos om te sê sy was vreeslik bly om te hoor haar seun leef nog!

Wittstock het 28 groot operasies ondergaan, maar hy het tot aan die einde van sy lewe stukkies skarpnel in sy liggaam gehad.

Charlene se oupa is op 8 Januarie 1986 oorlede.

  • http://www.vickifourie.blogspot.com Vicki Fourie

    Sjoe, dit sal ‘n hele boek op sy eie maak! Baie dankie vir hierdie interesante storie.

  • fzuiolt

    Xy7TlJ nuxppitlgwwc, [url=http://gjwpkkvakesx.com/]gjwpkkvakesx[/url], [link=http://ypanpntdrtit.com/]ypanpntdrtit[/link], http://inppltgnondf.com/

  • wmqyvgoij

    YUYEZJ hjgnumdnvrhj, [url=http://nrcemfeozgin.com/]nrcemfeozgin[/url], [link=http://sydpvtwtftaa.com/]sydpvtwtftaa[/link], http://ycueqmtnkarr.com/