Charlie Sheen
Het jy gehoor?

Charlie Sheen bevestig MIV-gerugte

Die bekende akteur Charlie Sheen het pas op die Today Show aan Matt Lauer vertel hy is MIV positief.

Hy vertel hy is omtrent 4 jaar gelede gediagnoseer, en sê dis bitter moeilik om dit te aanvaar. Hy sê dit was vir hom ’n keerpunt in sy lewe.

Die rede waarom hy juis nou die inligting in die media deel, is om die gerugte wat die afgelope week die ronde doen stop te sit. Hy wil eerder die waarheid praat voor die publiek ’n wanindruk kry oor sy gesondheid.

Hy bieg hy weet nie hoe hy dit opgedoen het nie. Maar Charlie het ’n geskiedenis van dwelmmisbruik en prostitute …

Sy eksvrou Denise Richards het reeds in ’n verklaring gesê sy en haar kinders by Charlie, Sam en Lola, is nie MIV positief nie, berig Entertainment Tonight.

Sosiale media gons nou oor die moontlikheid dat sy vorige meisies hom sal dagvaar, aangesien hy geweet het hy is MIV positief toe hy seksuele verhoudings met hulle aangeknoop het.

Bronne: Today Show en Entertainment Tonight

 

  • Sohane Kruger

    prostitute…