Charlie Sheen
Het jy gehoor?

Charlie Sheen: In die miljoene betaal vir mense om sy MIV-status geheim te hou

Akteur Charlie Sheen het gister op die Amerikaanse TV-program Today bevestig dat hy MIV-positief is.

Een van die redes waarom Charlie besluit het om sy status nou bekend te maak, is om vals gerugte op die kop te keer. Hy het ook tydens dié onderhoud erken dat mense hom oor sy status afgepers het – en dat hy hulle “in die miljoene” betaal het om nie sy status aan die publiek bekend te maak nie.

Hy vertel onder andere van ’n vrou wat ’n foto van sy antiretrovirale medisyne in sy huis geneem het en geld geëis het om dit nie aan skinderkoerante te verkoop nie.

Charlie weet al 4 jaar dat hy MIV-positief is en het dit slegs aan vertrouelinge bekend gemaak.

Hy het ook sy status aan al sy seksuele maats bekend gemaak en volgens sy wete nie die virus oorgedra nie.

Sy eksvrou Denise Richards het reeds in ’n verklaring gesê sy en haar kinders by Charlie, Sam en Lola, is nie MIV positief nie, berig Entertainment Tonight.

FOTO: Denise en Charlie se kinders in 2010

 

Charlie wil met dié bekendmaking ook ander mense aanmoedig om hul status te weet en aktief op te tree indien hulle positief is.

Lees meer HIER.

Kyk na ’n gedeelte van die onderhoud hier:

 

Bron: Today