Charlize Berg
Het jy gehoor?

Charlize Berg se nuwe musiekvideo, “My Hart Myne”

Hoewel die Afrikaanse sangeres Charlize Berg se langverwagte album eers in Februarie 2016 te koop sal wees, is die musiekvideo vir die album se titelsnit “My Hart Myne” vandag reeds bekendgestel. 

Die kleurryke musiekvideo wat in ’n outydse restaurant afspeel, is deur die 1950’s geïnspireer: “Dit was wonderlik om na ’n ander era te ontsnap,” sê Charlize.

Interessante karakters soos die akteur Bouwer Bosch en TV-aanbieder Bordeaux Augustyn maak ook ’n verskyning in die video. “Beide dié manne is ongelooflik talentvol en kreatief. Hulle is skreeusnaaks! Daar was ’n paar oomblikke waar ek hard moes konsentreer om my lag voor die kamera in te hou!” voeg sy by.

A photo posted by Charlize Berg (@charlizeberg) on

Die 23-jarige SAMA-benoemde sê “My Hart Myne” motiveer mense om positief te bly: “Om jouself op te tel ná ’n liefdesteleurstelling of om by ’n punt te kom waar jy jouself onvoorwaardelik liefhet.”

Kyk na “My Hart Myne” hier:

Lees ook 

ZZZ

Lees hier vir meer inligting!