sweetnovember
Het jy gehoor?

Charlize en Keanu nou amptelik ‘n paartjie?

Ná ‘n jaar lange geskinder oor ‘n moontlike liefdesvlam tussen dié twee ou vriende word daar nou gewonder of die akteurs Charlize Theron (35) en Keanu Reeves (46) dit amptelik gaan maak. Verlede jaar het die poniepers behoorlik gegons toe hulle in ‘n lang omhelsing op ‘n sypaadjie voor ‘n restaurant gesien is.

Luidens berigte beplan hulle om binnekort saam as ‘n paartjie in Brittanje te verskyn, waarheen hulle albei tydelik trek om aan flieks te werk – Charlize aan Prometheus en Keanu aan 47 Ronin.

Charlize en Keanu het in 1997 saam in The Devil’s Advocate verskyn en weer in Sweet November (2001).

Hier is die video van die ‘lang tot siens’