hancock_intl_ss_ct_07_awakley_0602_rv5
Het jy gehoor?

Charlize veil haarself op

Charlize Theron het ingestem om op ’n date te gaan met die hoogste bieër by haar liefdadigheids-veiling. Dit is Maandag gehou ten bate van die Charlize Theron Afrika Uitreik Projek en het plaasgevind by die Darby Restaurant in New York.

Volgens die Daily Mail het Theron dié blink idee gekry toe die gaste begin het om ’n bod te maak op twee kaartjies vir die Los Angeles Lakers Basketbal-wedstryd. Dis toé wat Theron aangebied het om die wedstryd saam met die hoogste bieër te gaan bywoon. Die hoogste bod wat ingesit is vir die aand was op die ou-end $20000 (omtrent R137748).

Liv Tyler, Irina Shayk, Petra Nemcova en Jon Hamm was van die bekendes wat onder andere ook die aand bygewoon het.

Die Charlize Theron Afrika Uitreik Projek is in 2007 begin om veiliger en gesonder lewens vir kinders en gemeenskappe in Suid-Afrika te skep. Hulle fokus spesiaal op dié wat HIV of Vigs het of wat daardeur geaffekteer word.