FOTO: Gallo Images / Getty

Het jy gehoor?

Charlize ontmoet Jacob Zuma – praat oor inspirasie vir vroue

Twee van die invloedrykste Suid-Afrikaners, Charlize Theron en president Jacob Zuma, het vanoggend koppe bymekaar gesit om oplossings te soek …

Die Oscar-bekroonde Charlize Theron het vanoggend in haar kapasiteit as ‘n VN-ambassadeur met president Jacob Zuma gepraat. Charlize het net vinnig geleentheid vir foto’s gegee saam met die president en Michel Sidibe, die uitvoerende direkteur van UNAIDS, die VN se program oor MIV/vigs. Hierna wou sy besigheid praat.

Dié gesprek het gegaan oor die geveg teen MIV/vigs en hoe samewerking daartoe kan lei dat dié pandemie onder jong meisies beperk word. Hulle het ook gepraat hoe hulle vroue kan inspireer om ‘n gesonder, MIV-vrye lewe te lei.

Charlize het pragtig gelyk in ‘n swart-en-wit-uitrusting vir dié geleentheid:

FOTO: Twitter @ewnreporter

FOTO: Twitter @asasokopo

Kry dié styl in die SARIE-winkel

Rok [Lane Dress van Label Femme]

Kyk die video van hul ontmoeting

id=843;width=630;position=auto;autoplay=no;provider=youtube;embed=video