Het jy gehoor?

Dít inspireer ons: Charlize se droomdans by die Oscars

Sy’s ’n silwerdoek-godin, maar altyd het ons geweet Charlize Theron wou eintlik dans en dat sy as ballerina opgelei is voordat ’n kniebesering haar drome gekelder het.

En daar dans sy toe sowaar tydens vanjaar se Oscars-seremonie op die verhoog saam met die akteur, Channing Tatum. (Ja, inderdaad is dit Channing aan Charlize se arm en nie Tatum Connor soos wat in die tydskrif staan nie!)

Die dans was ongelooflik en elegant – soos ’n droom!

Klik hier om te sien hoe dié twee dans!