FOTO: Gallo Images / Getty

Het jy gehoor?

Charlize se nuwe rol herinner aan haar eie gesinstragedie

Charlize se nuwe film, Dark Places, se storielyn herinner aan haar eie gesinstragedie.

Dié riller is gebaseer op die boek van Gillian Flynn (wat ook Good Girl geskryf het) en gaan oor ‘n jong meisie wat sien hoe van haar gesinslede vermoor word.

Charlize se ma, Gerda, het haar pa uit selfverdediging gedood toe sy net 15 jaar oud was. Hy het gedreig om vir haar en haar ma te skiet. Nou speel sy die enigste oorlewende van ‘n massamoord in ‘n fiktiewe plaasdorpie in Amerika.

Charlize Theron

FOTO: Charlize en haar ma Gerda

Toe sy in die verlede oor haar eie gesinsdrama gepraat het, het sy gesê dit was die dag waarop haar lewe verander het. Sy het erken dat sy vir ‘n lang tydperk eerder gesê het haar pa is in ‘n motorongeluk oorlede. “Ek het nou vrede daarmee gemaak en ek kan nou aanbeweeg. Dit het so lank gelede gebeur en my lewe, my emosies en my pyn is nie vasgevang in hierdie een gebeurtenis nie.”

Nóg ‘n tragedie speel af in Charlize Theron se Benoni-ouerhuis

Die skindertydskrif The National Enquirer het by ‘n onbekende bron verneem dat Charlize nou nagmerries kry nadat sy dié rol begin speel het. Ons is nie seker daarvan nie, maar die feit dat Charlize haar hart en siel in dié produksie insit is duidelik, omdat sy ook help om dit te vervaardig.

Charlize is op haar beste wanneer sy moeilike rolle speel, soos die reeksmoordenaar Aileen
Wuornos in Monster waarvoor sy in 2003 die Oscar vir Beste Aktrise ontvang het. Mense dink reeds dat hierdie rol dalk nóg ‘n goue beeldjie vir haar sal besorg.

Charlize Theron

Louis & Lise se Wie is ek: Kan gewone mense ook aan posttraumatiese stres ly?

Waaroor gaan Dark Places?Libby (Charlize) is die enigste getuie van die moord van haar susters en haar ma wat lyk asof dit ‘n satanistiese ritueel kon wees. Sy ontsnap deur ‘n venster en moet later teen haar tienerbroer in die hof getuig. Ná 25 jaar ontmoet sy amateur speurders wat glo dat haar broer eintlik onskuldig is. Charlize Theron

Bron: Daily Mail