w cover
Het jy gehoor?

Charlize in sexy nuwe foto’s

Charlize Theron is op die voorblad van die nuutste uitgawe van die Amerikaanse tydskrif W. Sy smeul in die fotosessie in swart leer uitrustings en bonkige juweliersware. 

In die onderhoud gesels sy oor haar rol in die nuwe Mad Max: Fury Road wat in Namibië geskiet is. Dit is ook die rol waarvoor sy haar hare in 2012 afgeskeer het.

Op die vraag of sy minder intense rolle kies noudat sy is ma is, het sy die volgende te sê gehad: “Ek wil nou juis die donker onderwerpe aanspreek om my seun te beskerm.” Sy voel Jackson (3) verdien ’n beter wêreld.

W-tydskrif het ’n paar foto’s van die fotosessie op hul Instagram-blad gedeel.

 

In hierdie video vertel Charlize hoe sy haar hare afgeskeer het: