charlise_400
Het jy gehoor?

Charlize skeer haar hare af

Sy’t haarself in 2003 heeltemal getransformeer vir haar Oscar-bekroonde rol as Aileen Wuornos in Monster. Nou het sy haar pragtige blonde lokke afgeskeer vir haar nuutste rol in Mad Max, Fury Road wat binnekort in Namibië verfilm gaan word.

Papparazzi het haar dié afgelope naweek afgeneem waar sy met ‘n mus oor haar kop na die gimnasium op pad was. Maandag is sy weer met ‘n sjiek trilby-hoed en haar oulike seun, die 6 maande-oue Jackson op die arm gesien waar hulle die strate in Beverly Hills ingevaar het. Als duidelike pogings om haar kortgeskeerde kop te bedek.

In die Mad Max-fliek speel sy die rol van Furiosa. Volgens gerugte is sy al lank reeds lus vir dié uitdaging en het oorspronklik in 2009 geteken om in die fliek te speel. Die projek is uitgestel en die verfilming skop nou uiteindelik volgende maand ná ‘n wag van drie jaar af. Akteur Tom Hardy is haar medespeler.

  • Elsabe

    Ek kon nog NOOIT verstaan hoe ‘n fedora enigsins ‘sjiek’ kan wees nie. Nee hemel, wat kan nou so vroulik, sexy, sjiek aan hierdie prentjie wees? Of is dit nou net omdat dit op Charlize se kop is?

  • C NEL

    Sy gee my ‘n pyn….jy weet waar!