Sean en Charlize verlede jaar by 'n geleentheid in Kalifornië FOTO: Gallo Images / Getty

Het jy gehoor?

Charlize Theron en Sean Penn in die geheim verloof?

Die media gons oor die verlowing van Charlize Theron en Sean Penn – maar dié twee het nog nie ’n woord gerep nie.

Is hulle, of is hulle nie? As ons die internasionale media moet glo, het Sean reeds vir Charlize in November gevra om te trou.

’n Bron het aan Us Weekly verklap dat Sean vir Charlize in Parys gevra het om te trou. Die 54-jarige akteur en 39-jarige Charlize het verlede jaar begin uitgaan.

Charlize het verlede jaar aan Vogue gesê dat sy nog nooit gedroom het van ’n groot troue nie:

Ek het nog nooit die droom van die wit rok gehad nie. En as ek na ander mense kyk wat trou? Ek dink dis pragtig vir hulle, maar om eerlik te wees, ek sit gewoonlik daar baie harsteer … Dit is veronderstel om ’n aand te wees waar hul liefde gevier word, maar dan is die paartjie heel aand apart en maak seker al die ander mense is oukei. Dit lyk vir my na baie werk. Soos wat mens ouer word, begin jy deur alles sif en sien raak wat regtig saak maak.

Charlize Theron en Sean Penn vroeër vanjaar by 'n toekenningsgeleentheid  FOTO: Getty Images / Gallo Images

Charlize Theron en Sean Penn verlede jaar by ‘n toekenningsgeleentheid
FOTO: Getty Images / Gallo Images

Sean was al twee keer in die verlede getroud – eers met Madonna (1985 – 1989) en daarna met Robin Wright (1996 – 2010).

Bronne: Us Weekly en Vogue

Lees ook