Sean en Charlize verlede jaar by 'n geleentheid in Kalifornië
FOTO: Gallo Images / Getty

Sean en Charlize verlede jaar by 'n geleentheid in Kalifornië FOTO: Gallo Images / Getty

Het jy gehoor?

Charlize Theron en Sean Penn kuier in SA

SA se goue meisie Charlize Theron en haar kêrel Sean Penn kuier in Suid-Afrika, berig City Press.

Sean het glo gister by die gewilde Kaapse restaurant Dias Tavern geëet. City Press berig dat hy heerlik aan ’n peri-peri-hoender gesmul het in dié informele eetplek.

Die personeel by Dias Tavern (kyk HIER hoe lyk dié eetplek) het hom gevra waarom Charlize hom nie vergesel nie, en hy het geantwoord, “Wie het gesê sy het nie?”

Alayne Reesberg, uitvoerende hoof van die Wêreld-ontwerphoofstad Kaapstad 2014, het hom daar gewaar en gesê hy het haar gegroet nadat sy vir hom gewaai het. Sanger David Kramer het toevallig ook daar middagete geëet.

Sean is glo in Kaapstad om plek te soek om sy nuwe film te skiet.

Dié ster-paar het verlede week die Augrabies-waterval in die Noord-Kaap besoek.

Lees die volledige berig HIER.

Wat dink jy moet dié paartjie nóg doen tydens hul Suid-Afrikaanse besoek? Los kommentaar onderaan dié artikel, of deel dit met ons op ons Facebook- of Twitter-blad!

Addisionele bron: Channel 24