Sean en Charlize verlede jaar by 'n geleentheid in Kalifornië
FOTO: Gallo Images / Getty

Sean en Charlize verlede jaar by 'n geleentheid in Kalifornië FOTO: Gallo Images / Getty

Het jy gehoor?

Charlize Theron en Sean Penn werk saam

Die Hollywood-sterre, Charlize Theron en Sean Penn, wat nou al 3 maande lank uitgaan, gaan vir die eerste keer saam werk in die fliek The Last Face, waarvan Sean die regie gaan behartig.

Charlize gaan ’n dokter speel wat welwillendheidswerk in Afrika doen. Javier Bardem (Penélope Cruz se man) speel teenoor haar en die rolprent gaan oor die morele keuses wat hulle moet maak in ’n gebied wat deur politieke konflik geteister word.

Die bekroonde Bill Pohlad is een van die vervaardigers. Dit sal die vierde keer wees dat Sean en Bill saam werk. Hulle het ook saam gewerk aan Into the Wild, wat vir twee Oscars benoem is, Tree of Life en Fair Game. Bill was ook ’n vervaardiger van die Oscar-bekroonde 12 Years a Slave.  

Charlize en Sean was verlede week in Suid-Afrika met vakansie en Sean het ‘n plek gesoek om sy nuwe film te skiet. Daar word vermoed dat The Last Face in Suid-Afrika geskiet gaan word, maar dit is nog nie bevestig nie.

Sean smul aan peri-peri-hoender in Kaapstad! Lees HIER meer oor Sean en Charlize se Suid-Afrikaanse vakansie.

In die skinderblaaie

Charlize en Sean het eers hul verhouding geheim gehou en dit steeds nie amptelik bevestig nie, maar het al by verskeie geleenthede saam opgedaag en het ook al saam vakansie gehou. Sean spandeer ook baie tyd saam met Charlize se seun, Jackson. Daar was selfs die naweek gerugte dat hulle verloof is.

Maar die skinderblaaie beweer dat Sean se kinders, Dylan (22) en Hopper (20), uit sy huwelik met Robin Wright glad nie van Charlize hou nie. Hulle glo blykbaar dat sy nie kan kers vashou by hul eie ma nie.

Bronne: Showbiz Spy en Filmcontact