FOTO: Gallo Images / Getty

Het jy gehoor?

Charlize Theron kry inspirasie by haar seun

Die Suid-Afrikaanse Oscar-bekroonde aktrise Charlize Theron het nóg ’n prys ontvang vir haar liefdadigheidswerk. En sy prys haar seun, Jackson, vir die inspirasie hiervoor. 

“Ek wil nie eendag na my seun kyk en sê ek het niks gedoen om die wêreld ’n beter plek te maak nie,” het Charlize by Variety se jaarlikse “Power of Women”-geleentheid gesê waar sy vereer is.

Charlize Theron praat met president Jacob Zuma oor inspirasie vir vroue

Charlize is vereer vir haar liefdadigheidswerk, waaronder die bewusmaking wat sy oor MIV/vigs in Afrika doen.

Charlize het die dag voor die geleentheid ’n rugoperasie ondergaan om ’n gebreekte werwel te herstel. Maar dit het haar nie gekeer om haar steun te gee nie – op die rooi tapyt was die litteken (wat in die vou van haar nek is) sigbaar onder ’n deursigtige pleister. Sy het blykbaar die hele aand aan haar rok se kraag gevroetel om dié sny te verbloem.

Charlize het jare gelede dié besering opgedoen toe sy ’n fliek geskiet het, maar dit het onlangs eers begin probleme gee. Volgens haar agent gaan sy dié week gebruik om te rus en te herstel.