FOTO: Gallo Images / Getty Images

Het jy gehoor?

Charlize Theron maak televisie-goud

Charlize is vroulik, vrygewig, talentvol én slim. En haar vervaardigingsmaatskappy maak dalk die volgende treffer televisieprogram …

Denver & Delilah, Charlize se vervaardigingsmaatskappy, wil nou Whose Closet Is It Anyway vervaardig. Denver & Delilah het al groot films soos Monster (waarvoor Charlize die Oscar vir Beste Aktrise gewen het) en Young Adult waarin sy ook speel, vervaardig.

Dié program kom oorspronklik uit Israel. Dit is ‘n werklikheidsprogram wat elke episode drie vroue kies en hulle klerekaste ruil. Die idee is nie net om te vermaak nie, maar ook om mense te inspireer om anders te dink. Hulle loop letterlik in iemand anders se skoene. Dié program wil nie net die deelnemers se denkwyses verbreed nie, maar ook die kykers s’n.

Charlize ontmoet Jacob Zuma – praat oor inspirasie vir vroue

Elke deelnemer verander hul hele voorkoms en probeer ‘n nuwe styl terwyl hulle steeds hul gewone daaglikse roetine volg. Hoe voel dit om in ‘n ander vrou se skoene te wees? Wat sal haar familie daarvan sê? En sal haar baas haar anders hanteer?

Charlize Theron praat eksklusief met sarie.com

Meer as net ‘n televisieprogram, dít is ‘n sosiale eksperiment.

Kyk die lokprent vir hier:

WAT DINK JY? HOE GROOT INVLOED SPEEL JOU KLERE IN JOU LEWE?