Charlize Theron en Sean Penn in 2014 by 'n toekenningsgeleentheid FOTO Getty Images / Gallo Images

Het jy gehoor?

Charlize Theron maak trouplanne

Dit lyk asof Charlize Theron en Sean Penn se verhouding vinnig gevorder het – dié twee het blykbaar planne om binnekort te trou, berig Daily Mail. Lees die volledige artikel hier.

Boonop is die paartjie se planne om dié groot stap in Suid-Afrika te doen, waar hulle binnekort saam aan ’n rolprent, The Last Face, gaan werk. Die twee wil glo gou trou en kort ná hul huweliksbevestiging saam ’n kind aanneem.

Sy wou blykbaar nog altyd ’n tweede kind hê en Sean is baie gemaklik met haar aangenome seun, Jackson (2). Die akteur, wat voorheen getroud was met Madonna en met Robin Wright van House of Cards-faam, het twee kinders saam met Robin – Dylan (23) en Hopper (20).

Charlize en Sean is nog net sowat agt maande ’n paartjie, maar hulle is al vir langer as 18 jaar vriende.

Sean het Dinsdag in Kaapstad geland om te begin werk aan The Last Face, wat hy regisseer. Javier Bardem (Eat, Pray, Love) speel teenoor Charlize in dié rolprent.

Bron: Daily Mail

Nóg oor Sean en Charlize op SARIE.com