FOTO: Gallo Images / Getty Images

Het jy gehoor?

Charlize Theron neem baba Jackson op ‘n uitstappie

Charlize, binnekort te sien in die donker komedia Young Adult, het Dinsdag (27 Maart) haar 4 maande-oue aanneemseuntjie, Jackson, op ‘n uitstappie na die poskantoor geneem – kompleet met ‘n sterre-kombersie soos sy ma, die Hollywood-ster, daarvan hou. Volgens berigte het sy ‘n paspoort vir Jackson gaan optel.

Sy lyk heeltemal gemaklik in haar nuwe rol as ma, veral aangesien dit die twee se eerste uitstappie in die openbaar is. Sy het op 14 Maart vanjaar aangekondig dat sy ‘n seuntjie aangeneem het.

Klik om die foto te sien

* In die April 2012-uitgawe van SARIE maak Charlize tyd vir ligte geselsies.

  • florence

    Charlize pragtig soos altyd.ek weet jy gaan n goei ma is vir baba Jackson.Goed gaan.

  • Amelia

    Wys ons bietjie n foto van baba Jackson.

  • Margaret van Eck Schoeman

    Charlize, ek is so bly jy het ma geword. Ek gun jou al die geluk in die lewe. Jy lyk so gemaklik op die foto en ek kan sommer sien dat jy soos ‘n handskoen pas in die rol van ma. Ons moenie vergeet om vir ouma Gerda geluk te se met haar eerste kleinkind nie. Ek hou die pers dop vir verdere artikels en Jackson se vordering.

  • Sarie.mm

    Se my hoekom help die mense nie vir Alina reg nie, hoekom haar sleg se? As jy nie iets goeds kans se nie bly liewer stil. Alina ek ken ook nie al die filmsterre nie! Maar ek weet darem Charlize is ‘n Suid Afrikaanse meisie vanaf Benoni wat Hollywood toe gegaan het en daar vir haar naam gemaak het.
    Ongelukkig of gelukkig draai nie almal se lewe om film sterre nie. Beter dinge om te doen en dit is om onse God te dien en elke dag daarna te streef. Ek weet ek het nou ook my kop uit gesteek vir aanvalle, maar gelukkig dit raak my nie!!