FOTO: Gallo Images / Getty Images

FOTO: Gallo Images / Getty Images

Het jy gehoor?

Charlize Theron neem nog ’n kind aan

Die aktrise Charlize Theron het pas weer ma geword nadat sy ’n babadogtertjie, August, aangeneem het, berig TZM

Anders as Jackson, Charlize se 3-jarige seun wat sy in 2012 aangeneem het, is August nie van Suid-Afrikaanse herkoms nie. Sy is in Amerika gebore.

Charlize het onlangs in ’n onderhoud gesê dat sy nie die moontlikheid uitsluit om nog kinders te hê nie. Sy het natuurlik reeds geweet klein August is op pad.

Die nuus kom slegs twee maande nadat sy en die akteur Sean Penn hul verlowing verbreek het. Hulle is verlede week vir die eerste keer weer saam gesien in Kaapstad, toe hulle tonele vir The Last Face geskiet het.

Hello! berig dat die aannemingsproses ses maande geduur het.

Charlize vier Vrydag haar 40ste verjaardag.

Geluk, Charlize!

Bronne: TZM en Hello!

Lees ook