FOTO: Gallo Images / Getty Images

FOTO: Gallo Images / Getty Images

Het jy gehoor?

Charlize Theron se groot blaps voor Barack Obama

Die Suid-Afrikaanse Hollywood-aktrise Charlize Theron het Maandagaand met ’n rooi gesig op die gewilde geselsprogram Jimmy Kimmel Live! haar ontmoeting met die Amerikaanse president, Barack Obama, onthou, berig E! Online

Die vorige keer toe sy met Jimmy op dié program gesels het, was president Obama ook daar. Een van sy lyfwagte het haar gevra om die president te ontmoet. “Ek was verskriklik senuweeagtig en as ek gespanne is, sê ek sommer net enigiets wat deur my gedagtes gaan.”

Sy vertel die gesprek het aanvanklik goed verloop, maar ná ’n ongemaklike stilte nooi sy toe die president om saam met haar na ’n ontklee-klub te gaan. “Dis verskriklik,” het sy oor en oor in Maandagaand se program gesê. “Ek kon vir vier weke nie slaap nie, ek het die heeltyd daaroor gedink en gewonder hoekom ek juis dít op daardie oomblik moes sê.”

Sy het ook grappenderwys gesê dat Michelle Obama seker baie ontevrede sal wees.

Jimmy het op sy beurt geskerts dat as hy in die president se skoene was, hy dadelik haar uitnodiging sou aanvaar het.

Hier is ’n video van die onderhoud:

Bron: E! Online

Lees ook