FOTO: Gallo Images / Getty Images

Het jy gehoor?

Charlize Theron se Jackson het ook maar die ‘terrible twos’

Charlize Theron is dalk een van Hollywood se gunsteling-aktrises, maar soos enige ma sukkel sy ook maar met haar 2-jarige se uitbarstings.

Charlize en haar kêrel, Sean Penn, het gister in Kalifornië met die 2-jarige Jackson gaan piekniek hou toe Jackson, soos die meeste peuters graag maak, ’n tantrum gooi ná sy ma vir hom ’n time-out gegee het.

Maar Jackson se gehuil en geskree het glo ’n stapper só benoud gemaak dat sy die polisie gebel het, berig TMZ.

Die polisie het daar aangekom, maar vinnig besef dat niks fout was met Jackson nie – niks behalwe die terrible twos nie!

Ná die hele insident was almal kalm en Charlize het vir Jackson in sy Superman T-hemp op die heup gedra.

FOTO: Getty Images / Gallo Images

FOTO: Getty Images / Gallo Images

Bronne: TMZ en Daily Mail

Lus om te lag?

Enkellopend-wees is glad nie lekker nie – dis dan baie moeilik om met jouself vas te dans! Bouwer Bosch en Bennie Fourie het Bobby en Karlien van Jaarsveld se lirieke gebruik om te kyk of hulle meisies kan beïndruk.

Kyk hierdie lekker-lag-video!