charlize_theron_sympathy_for_lady_vengeance
Het jy gehoor?

Charlize Theron se volgende, bloeddorstige, fliekprojek

Charlize is bekend vir haar rolle as sterk vroue. Die volgende projek in die pyplyn is nie anders nie. Sy speel die hoofrol in ‘n nuwe weergawe van die bekende ‘Vengeance’-trilogie destyds deur regisseur Park Chan-wook na die silwerdoek gebring en haar maatskappy Denver & Delilah Films sal een van die vaardigers wees.

Die fliek, Sympathy for Lady Vengeance, volg op Sympathy for Mr Vengeance (2002) en Oldboy (2003), en vertel die verhaal van ‘n vrou wat tronk toe gestuur word vir ‘n moord wat sy nooit gepleeg het nie. Sy besluit om bloeddorstige wraak te neem op die eintlike moordenaar.

Dit herinner sterk aan nóg ‘n gewelddadige fliek waarin ‘n pragtige blondine wraak neem – Uma Thurman in Quentin Tarantino se Kill Bill. Tarantino is ‘n groot aanhanger van dié Suid-Koreaanse regisseur.

Hierdie sal die tweede Amerikaanse heruitreiking van ‘n Park Chan-wook-fliek wees. Die regisseur Spike Lee is tans besig om te skiet aan ‘n nuwe weergawe van Oldboy, vir baie die beste fliek uit die trilogie. Die Suid-Afrikaner Sharlto Copley (District 9 en The A-Team) speel teenoor Josh Brolin hierin.

In 2013 sal Charlize, met ‘n kaalgeskeerde kop, haar verskyning maak in die 4de in die Mad Max-fliekreeks, Mad Max: Fury Road. Dit gaan ‘n ‘kwaai’ jaar weer vir Charlize!

  • Marie Louise Nel

    Ons hou van die sarie tydskrif – net moeg vir die ewige diete van Bertha le roux en sy word al hoe vetter – wat van ‘real’ mense vir ons kry – ons koop nie altyd die sarie omdat ‘n bekende daarin verskyn nie – ons kyk na die gehalte artikels.