FOTO: Gallo Images / Getty Images

FOTO: Gallo Images / Getty Images

Het jy gehoor?

Charlize Theron sien uit na haar 40’s

Die Oscar-bekroonde aktrise Charlize Theron het tydens ’n onderhoud met E! Online gesê sy sien uit na haar 40ste verjaardag op 7 Augustus.

Die ma van een, Jackson (3), beplan nie ’n groot partytjie nie en beskou ook nie dié ouderdom as ’n groot mylpaal nie.

“Ek is só bly om in my 40’s te wees en nie meer in my 20’s nie, toe ek bekommerd was of ek in my noupassende jeans gaan pas,” het sy tydens ’n onderhoud oor haar nuwe fliek, Dark Placesgesê

Charlize is duidelik nie meer veel gepla met die glans van Hollywood nie. Sy het spottenderwys gesê dat dit lekker is om op jou rusbank verlief te wees en toebroodjies met baie kaas te eet.

Ons het verlede maand berig dat sy en Sean Penn hul verlowing verbreek het. Sean is tans in Suid-Afrika om die laaste tonele van sy fliek The Last Face te skiet. Charlize is ook in dié film saam met Javier Bardem.

Dark Places is gebaseer op die roman met gelyknaminge titel uit die pen van die bekroonde skrywer Gillian Flynn, wat ook Gone Girl geskryf het. Ben Affleck het die hoofrol vertolk in Gone Girl.

Bron: E! Online

Lees ook