Charlize Theron

FOTO: Facebook, The Last Face

Het jy gehoor?

Charlize Theron steel kollig by Cannes

Charlize Theron het gister die kollig by Cannes gesteel met twee uiteenlopende uitrustings.

By die première van The Last Face het sy in ’n sexy pak opgedaag.

Die skinderblaaie berig dat Charlize en Sean Penn, die film se regisseur en haar eks-kêrel, gisteraand maar uit mekaar se pad gebly het.

Ons weet nie of dit waar is nie, want dit lyk asof hulle mekaar heel vriendelik gegroet het.

Sy het vroeër die dag haar vroulike kant in dié ligte Givenchy-rok gewys.

En almal in die modewêreld is dit eens – Charlize het foutloos gelyk.

The Last Face is deels in Suid-Afrika geskiet. Dit gaan oor ’n direkteur van ’n internasionale reddingsorganisasie wat in Afrika ’n dokter ontmoet te midde van ’n politieke revolusie. Saam moet hulle deur ’n tyd van onlus werk. Javier Bardem speel ook in die film en van die SARIE-span het die geleentheid gehad om hom in die Kaap te ontmoet (kyk na die foto HIER). 

Die fliek het gemengde resensies gekry, lees wat sê Variety oor die film.

Hou jy van Charlize se première-voorkoms? Dan sal jy van ons modespan se fotosessie in ons Junie-uitgawe hou. Maak seker jy kry jou uitgawe. Ons kry inspirasie by die manne!

SARIE Junie 2016-uitgawe. FOTO Justin Badenhorst van Supernova. MODEL Sonja K van Twenty Model Management

SARIE Junie 2016-uitgawe. FOTO Justin Badenhorst van Supernova. MODEL Sonja K van Twenty Model Management

Lees nou 

Charlize Theron verken haar donker kant

Charlize Theron en Sean Penn is uit

Fanie kies: Charlize Theron se beste oomblikke op die rooi tapyt