Het jy gehoor?

Charlize vir die eerste keer enkellopend

“Ek is vir die eerste keer enkellopend sedert ek 19 jaar oud is,” sê Charlize in die Desember-uitgawe van Vogue.

Sy sê sy was gewoond daaraan om van een verhouding na ‘n volgende te beweeg, soms sommer binne ‘n maand. “Ek was in ‘n gemaksone,” sê sy.

“Dit was wonderlik om myself weer te vind,” sê sy. “Ek moes regtig moeite maak om dit te doen. Dis moeilik. Dis baie makliker om jouself te verloor in blomme en sigarette en koffie saam met iemand anders.”

Dié 36-jarige aktrise het vir 10 jaar met Stuart Townsend uitgegaan voor hulle in 2010 opgebreek het. Sy moes haar loopbaan tweede stel toe die verhouding begin verbrokkel het en sy sou dit nie anders gedoen het nie. Die verhouding was prioriteit.

Charlize is binnekort te sien in Young Adultkyk die voorprent op sarie.com

KUIER AGTER DIE SKERMS VAN DIE ASEMROWENDE VOGUE-FOTOSESSIE