Het jy gehoor?

Charlize word ma!

Charlize Theron het ‘n kind aangeneem. Sy’s die trotse ma van ‘n gesonde babaseun genaamd Jackson,” het ‘n verteenwoordiger van Theron gesê.

Die Young Adult-ster se seun is in die VSA gebore.

“Sy wou nog altyd ‘n ma gewees het. Sy’s bly om dit op haar eie te doen, en sy’s bly om ‘n ma te wees,” het ‘n verteenwoordiger gesê.

Sy’s nie getroud nie. En het in Januarie 2010, ná 9 jaar, met haar kêrel Stuart Townsend opgebreek.

* Charlize verklap juis ‘n paar interessanthede in die nuwe uitgawe van SARIE, vanaf Maandag 19 Maart op straat.

SARIE April 2012


  • ANNEMARIE

    HI CHARLIZE JY IS DIE MOOISTE VROU WAT EK AL OOIT GESIEN HET.
    GENIET JOU SEUN WAT JY AANGENEEM HET,HULLE GEE BAIE BLYSKAP IN N MENSE LEWE EN GENIET ELKE OOMBLIK DAAR VAN.EK IS VERSOP OP JOU MOVIES WAAR IN JY SPEEL VERAL DIE IN MONSTER.GELUK CHARLIZE

  • Illa

    Dis darem wonderlik onselfsugtig om jou huis en jou hart oop te maak vir ‘n kind wat andersins nie ‘n kans op ‘n goeie lewe sou gehad het nie. Tien uit tien vir Charlize, vir Christi en Nico Panagio en vir al die bekende en onbekende mense wat bereid is om daardie liefdesdaad te doen. Mag die liefde wat julle uitdeel, tienvoudig na julle toe terugkom.

  • Ester

    Hallo Charlize en geluk met jou babaseun. Dit is ‘n wonderlike gevoel om ma te wees.

    Mag jy alle geluk en liefde ervaar.

    Sal jou graag persoonlik wil ontmoet.

  • Mariana Vermeulen

    Ag WEET jy…….Hier wil ek nou negatief wees!! Moet al die mense alewig alles so slaafs navolg, tot kinder aanneming!!! Siek ou wêreld……..