FOTO: Gallo Images / Getty Images

FOTO: Gallo Images / Getty Images

Het jy gehoor?

Charlotte Casiraghi: Verloof én swanger!

Prinses Caroline van Monaco se kroos laat die geluk invloei…

‘n Kleinding én ‘n troue…

Prinses Caroline se dogter Charlotte Casiraghi is swanger met haar eersteling. Charlotte en haar Franse komediant- en akteur-verloofde, Gad Elmaleh, verwag hul kleinding nog vóór Kersfees.

Die goeie nuus eindig nie daar nie: Charlotte (27) en Elmaleh (42), wat oorspronklik van Marokko is, is intussen ook verloof en beplan om ‘n klein, private seremonie om hul beloftes aan mekaar af te lê.

Een van Gad se vriende het aan ‘n bron verklap: “Hulle het so ‘n pragtige liefdesverhaal en nou is daar ook ‘n pienkvoet op pad. Dit is ‘n baie trotse oomblik vir hulle.”

Charlotte is in 2012 as die gesig van Gucci aangewys – die modehuis wat ook ‘n sterk verbintenis met haar ouma gehad het. Sy is ook ‘n professionele perderuiter en neem gereeld in Gucci-perdrypakkies aan kompetisies deel.

Charlotte CasiraghiNóg ‘n koninklike troue…

Andrea CasiraghiDie tonge klap behoorlik oor Andrea Casiraghi, Charlotte se broer, wat nou wél besluit het om uiteindelik tot trou te kom. Hy en sy verloofde, Tatiana Santo Domingo, wil teen die einde van die maand trou. Hulle is al sedert Julie 2012 verloof en het in Maart ‘n seuntjie ryker geword.

Tatiana besit haar eie modemaatskappy en het in 2011 dié Muzungu Sisters mode-onderneming begin wat ‘n groot sukses is!

En wat kan ons van hierdie groot dag verwag? Wel, aangesien Andrea se aanstaande bruid self ‘n miljardêr is, is die kans groot dat daar allerhande tierlantyntjies en koninklike luukshede gaan wees. Die gastelys loop dan ook oor van bekendes.

Vir dié troufoto’s kan ons nie wag nie!

Bronne: Catwalkqueen.com en People