Cher
Het jy gehoor?

Cher hou haar lyf model vir Marc Jacobs se nuwe reeks

Die musikant Cher hou haar lyf model vir Marc Jacobs se nuwe Herfs/Winter 2015-reeks, berig Page Six.

Die ontwerper het dié nuus met sy duisende Instagram-volgelinge gedeel en geskryf: “Die ongelooflike en beeldskone Cher! Afgeneem deur David Sims vir ons Herfs/Winter-veldtog. Dit is net die begin.”

A photo posted by Marc Jacobs (@themarcjacobs) on

 

Cher en Marc het duidelik ’n hegte band. E! News berig dat dié twee mekaar verlede maand na die Met Gala vergesel het. By dié geleentheid het die 69-jarige “Believe”-sangeres aandag getrek in ’n kleurryke Marc Jacobs-ontwerp.

 

Thank you Cher! Thank you Paulette!! We did it!!!! X, M.

 

A photo posted by Marc Jacobs (@themarcjacobs) on

Bronne: Page Six en E! News 

Lees nou