FOTO: Instagram (@ladyccole)

FOTO: Instagram (@ladyccole)

Het jy gehoor?

Cheryl Cole soek huis in SA

Dit lyk asof haar derde besoek aan Suid-Afrika Cheryl Cole finaal betower het. Volgens die webblad exposay.com wil dié Britse sangeres ’n huis in die Kampsbaai-omgewing koop nadat sy in Desember hier vakansie gehou het.

Dié webblad skryf dat Cheryl nou ’n gesogte eiendomsagent gehuur het om haar te help soek na die perfekte strandhuis op een van die Kaap se stiller strande. Sy het glo oor Nuwejaar gereeld gevra of mense dink dis te winderig in Kampsbaai om ’n huis daar te koop.

Britse sangeres Lily Allen ook in die Kaap – kyk na die foto’s hier

Herken jy die landskap? Cheryl saam met 'n vriendin op 'n Kaapse strand. FOTO: Instagram (@ladyccole)

Herken jy die landskap? Cheryl saam met ‘n vriendin op ‘n Kaapse strand. FOTO: Instagram (@ladyccole)

Cheryl, wat verlede jaar sonder grimering in ’n velsorgadvertensie vir L’Oréal was, het bekend geword as lid van die musiekgroep Girls Aloud. Sy was al ’n beoordelaar op die  TV-program The X Factor.

WAT DINK JY? WAAR MOET CHERYL ’N STRANDHUIS KOOP? Los kommentaar onderaan dié artikel of deel dit met ons op ons Facebook- of Twitter-blad!