Het jy gehoor?

Chris Barnard, draaiboekskrywer van ‘Die wonderwerker’, in huis oorval

Nuus24 berig dat Barnard, wat ook betrokke was by produksies soos Paljas en die rolprentweergawe van Fiela se Kind, is deur die inbrekers vasgebind, en hulle is later vort met sy Isuzu-bakkie.

Lees die volle Beeld-berig hier. Beeld het ook pas hierdie foto van Barnard gedeel kort ná die aanval.

In die nuutste uitgawe van SARIE (Oktober 2012) gesels ons juis met Chris oor Die wonderwerker en spesifiek oor Eugène Marais, die hoofkarakter in dié reeds bekroonde fliek.

Vir Chris was Marais se kennis van die natuur, sy sukses met hipnose en sy eksperimente met diere, veral interessant. “Tot in daardie stadium het die land nog nie so ’n natuurkenner gehad nie,” sê hy.

Die wonderwerker

 

  • Rachelle

    As jy die minister van Polisie vra het hierdie voorval, net soos honderde moorde, nooit plaas gevind nie.
    Sterkte aan Chris en aan Katinka.

  • Wlna Gusei

    Jammer om te hoor van die voorval! Sterkte

  • Paul

    Wat my -soos baie ander!- die meeste bedroef, is dooie feite wat klaaglik en daagliks uitskree ten aanhore van die Regering van die dag se dowe onwilligheid om die losgelate euwels van geweld en eiereg doelgerig te temper (En dan laat ek vir eers die selfvernietigingende korruptiewe in die openbare sektor uit!). En dit nieteenstaande hulle statistieke wat 200% + kalwe tot 100% en dan onwaar en bedrieglik windgat dat kriminele statistieke ‘ietsie-vir-ietsie’ krimp! ‘n Skandelike "denial” en toesmeer oor jare al …