FOTO: Instagram / @chrissyteigen

FOTO: Instagram / @chrissyteigen

Het jy gehoor?

Chrissy Teigen en John Legend se pienkvoet is hier

Die model Chrissy Teigen en Grammy-wenner John Legend het Sondag hul pienkvoet verwelkom. Die Hollywood-paartjie het die goeie nuus op sosiale media gedeel. 

En hulle het besluit om hul dogtertjie Luna Simone Stephens te noem.

 

She’s here! Luna Simone Stephens, we are so in love with you! And sleepy. Very sleepy.

 

A photo posted by chrissy teigen (@chrissyteigen) on

Op ’n tipiese Chrissy-manier het sy ook speels getwiet dat haar man, John, stadig maar seker genees ná klein Luna se geboorte.

Dis die glanspaartjie se eersteling. Hulle het lank gesukkel om ’n baba te kry en Chrissy het uiteindelik met behulp van in vitro-bevrugting swanger geraak, berig Daily Mail.

Sy het op 12 Oktober verlede jaar haar swangerskap bekend gemaak en gesê dit was nie ’n maklike pad nie. Hulle was verheug oor die kleinding wat op pad is.

Model, Chrissy Teigan lyk ongelooflik stylvol terwyl sy haar swanger magie afwys saam met haar man die sanger John Legend. Foto: @chrissyteigen_instagram

Model Chrissy Teigen lyk ongelooflik stylvol terwyl sy haar swanger magie afwys saam met haar man, die sanger John Legend. Foto: @chrissyteigen_instagram

Baie geluk, Chrissy en John!

Lees nou