christa_steyn
Het jy gehoor?

Christa se konserte

Dié geliefde liedjieskrywer en pianis is ook bekend vir die vervaardiging van vele musikante se albums.

Die afgelope paar maande was vol uitdagings. Om die pad vorentoe vir Christa makliker te maak het haar vriende in die musiekbedryf saamgespan en vir haar ʼn konsert beplan.

Lizz Meiring is die regisseur en sy sal ook die afslaer wees tydens die vertoning waar goedere opgeveil gaan word. Onder dié items is ’n Sanna Swart-beeldhouwerk. Die hele opbrengs gaan aan Christa geskenk word.

“Daar is min mense in Suid-Afrika se vermaakbedryf wat nie op een of ander manier deur Christa beïnvloed is nie. Of hulle saam werk, vriende is of al saam opgetree het, menige sanger is deur Christa geïnspireer,” lui ’n persverklaring oor dié konsert.  

Daar is twee konserte, een in Pretoria en een in Stellenbosch:

 

PRETORIA

2 Oktober 2011

Atterbury Teater, Lynnwood Bridge-winkelsentrum

Twee vertonings: 15:00 en 18:00

Met kunstenaars soos Jak de Priester, Willie Strauss, Sorina, oftewel “die Flooze”, Lize Beekman, Anna Davel en ander.

STELLENBOSCH

21 November 2011

Hoërskool Meisieskool Bloemhof

Die vertoning begin 20:00

Met kunstenaars soos Anton Goosen, Valiant Swart  Foto na Dans, Sarah Theron, Dowwe Dolla en ander.

Kaartjies is by Computicket beskikbaar teen R140 en R160.

  • ANNA H LEMMER

    Daar is min mense met sulke sielvolle kykers! En sy is voorwaar een van ons land se beste bestes!

  • MaldonadoTERRA

    Some time before, I needed to buy a building for my business but I didn’t earn enough money and couldn’t buy something. Thank goodness my colleague adviced to take the mortgage loans at reliable creditors. Thence, I did so and was satisfied with my sba loan.