Christina Aguilera FOTO: Gallo Images / Getty Images

Het jy gehoor?

Christina Aguilera se baba gebore – en dít is haar naam

Die sangeres Christina Aguilera se eerste dogter is die naweek gebore – en sy het pas die naam van haar en verloofde Matt Rutler se eersteling bekend gemaak.

Die 33-jarige sangeres het Saterdag geboorte geskenk in die bekende Cedars Sinai-hospitaal wat omtrent sinoniem is met celebs. Dalk is dit omdat dit in Los Angeles geleë is, maar baie meen dit is oor hul streng privaatheidsreëls. Ander celeb-ma’s wat onlangs daar geboorte geskenk het, is Kim Kardashian en Jessica Simpson.

Christina het so paar uur gelede op Twitter bekend gemaak dat hul dogtertjie se naam Summer Rain is.

Summer is kleinsus vir die 6-jarige Max Liron Bratman uit Christina se huwelik met  Jordan Bratman.

Summer se pa, Matt Rutler, het op Valentynsdag vir Christina gevra om te trou. Hulle het ’n maand daarna aangekondig dat Christina swanger is. Christina het nog opgetree en in die ateljee gewerk terwyl sy hoog swanger was.

Sy was ook glad nie skaam om haar baba-maag te wys nie – kyk net na die fotosessie wat sy byna naak gedoen het HIER.

Ons kan nie wag vir die eerste foto van Summer nie!

Lees ook