FOTO: Gallo Images / Getty Images

FOTO: Gallo Images / Getty Images

Het jy gehoor?

Christina Aguilera swanger

Februarie is omtrent ’n besige maand vir die sangeres Christina Aguilera. Nie net is sy onlangs verloof nie, maar US Magazine berig ook nou dat sy swanger is.

Dit sal die 33-jarige sangeres se tweede kind wees, wat reeds ma is vir 6-jarige Max uit haar huwelik met die musiekvervaardiger Jordan Bratman. Hulle is sowat 3 jaar gelede geskei.

Volgens Fox News het Christina en haar nuwe verloofde, Matthew Rutler in 2010 op die stel van die rolprent Burlesque ontmoet, waar Matthew as ’n film-assistent gewerk het.

Hulle het dié foto van haar verloofring op Twitter gedeel:

FOTO: Twitter

FOTO: Twitter

Dit sal die tweede huwelik wees van Christina, wat ’n beoordelaar op die realiteitsprogram The Voice is.