FOTO: Clinton Lubbe

Het jy gehoor?

Christina Storm se dogter binnekort in fliek

Die aktrise en model Christina Storm en die oud-rugbyspeler James Small se dogter is een van die dae op die grootskerm in ’n nuwe Afrikaanse fliek, berig Rapport.

Ruby Small (10) gaan die rol van ’n jong Marie Roux speel in Spook van Uniondale. Dié fliek vertel die verhaal van Uniondale se legendariese spookvrou, wat oorlede is nadat sy en haar verloofde in 1968 in ’n motorongeluk was.

Naas Botha se dogter speel model

“Ek dink ek wil eendag ’n aktrise wees,” het Ruby, wat die toneelspel geniet het en ook lekker gelag het vir die interessante klere wat sy in die fliek dra, aan Rapport gesê.

Klik hier vir ’n foto van Ruby

Christina, wat self ook ’n klein rol in die fliek het, sê haar dogter het haar nou gevra om by ’n agentskap aan te sluit. Christina is egter nie seker of sy dit gaan doen nie.

“Ek wil nie hê sy moet op so ’n jong ouderdom oudisies doen nie. Sy moet eerder nog kind wees,” het Christina gesê.

Hoewel baie mense glo die spookvrou was Maria Charlotte Roux, sê die vervaardigers van die fliek, Pierre Smith en Willemien Storm (Christina se suster), dat hul storielyn nie spesifiek op Ria se lewe gegrond is nie. Hulle het in kroeë hul navorsing vir die fliek gedoen en gevind dat almal hul eie storie oor die spook het. Dis op dié stories wat die fliek gebaseer is, verduidelik hulle aan Rapport.

Volgens oorlewering het Ria begin spook toe haar verloofde in 1969 met iemand anders getrou het. Sy het rus gevind ná sy dood in 1983.

Ander bekendes in die fliek is Tanya van Graan (foto onder, links), Ivan Zimmerman (foto onder, regs) en Tobie Cronjé.

Klik HIER om te sien wat Naas Botha se dogter in die vermaaklikheidswêreld doen

BRON: Rapport