cindy crawford
Het jy gehoor?

Cindy Crawford praat oor die ‘ongedokterde’ viral-foto

Die supermodel Cindy Crawford praat vir die eerste keer oor die “ongedokterde” foto wat verlede jaar soos ’n veldbrand op die internet versprei het, berig Mail Online

Die foto is nie die ware Jakob nie, dit is vervals.

A photo posted by Karl Cook (@karlcook666) on

Hoewel Cindy besef dat die foto vir talle vroue wys dat sy ook net ’n mens is, beskryf die 49-jarige model die foto as misleidend.

Volgens People het sy aan Elle Canada vertel dat sy lank stilgebly het oor die foto weens haar “teenstrydige gevoelens”. Sy wou nie hê vroue moet teleurgesteld voel as hulle uitvind die foto is vervals nie, maar sy kan ook nie dié beeld van haarself verwelkom nie.

Cindy sê die fotograaf van die betrokke foto, John Russo, het haar gebel met die volgende woorde: “‘Cindy, ek gaan die regte foto wat ek geneem het vir jou stuur en dit lyk glad nie soos die een wat die rondtes doen nie. Iemand het dit duidelik gemanipuleer …”

“Dit was gesteel en kwaadwillig. Maar die reaksie daarop was só positief,” voeg sy by.

Cindy het onlangs haar boek, Becoming, bekend gestel. “Ek is ’n groot meisie en ek kan die druk hanteer, maar ek het die hele affêre as ’n les vir my dogter gebruik,” het sy ten slotte gesê.

FOTO: Instagram  cindycrawford

FOTO: Instagram cindycrawford

Bronne: PeopleElle Canada en Mail Online

Lees ook