Het jy gehoor?

Cindy Crawford se dogter ook nou model

Versace het pas die eerste advertensiefoto van hul kinderreeks, Young Versace, bekend gestel, en die langbeen-model is niemand anders as Kaia Gerber, Cindy Crawford en haar man, Rande Gerber, se 10-jarige dogter.

Donatella Versace het haar vir die veldtog gekies omdat “die kamera verlief is op haar – net soos met haar ma”. Die grootste uitdaging was om dié tiener se hare in ‘n tipiese 80’s-supermodel-styl te stileer.

Die foto’s is geskiet deur bekende fotograwe, Mert Alas en Marcus Piggott.

  • M

    Noem my eng maar miskien moet 10 jariges nie sulke kort rokkies dra nie…

  • U

    Ja, nee – ek weet darem ook nie of dit reg is nie….. sy behoort nog pure kind te wees!!!