FOTO: Instagram  cindycrawford

FOTO: Instagram cindycrawford

Het jy gehoor?

Cindy Crawford se dogter volg in haar model-voetspore

Die veteraan-model Cindy Crawford se 13-jarige dogter, Kaia Geber, is dié model se ewebeeld in haar eerste fotosessie vir die Italiaanse Vogue, berig E! online.

Kaia beplan om in haar ma se voetspore te volg en het onlangs haar eerste modelkontrak by IMG Models geteken.

Cindy het ter ondersteuning op Twitter geskerts dat haar dogter dalk ’n bedreiging vir haar eie loopbaan is: “Ek beter op my hoede wees. Mal oor die foto.” 

Lees ook