FOTO: Vergunning van OMEGA

FOTO: Vergunning van OMEGA

Het jy gehoor?

Cindy Crawford se skoonheidsgeheime

Sy is een van die ikoniese supermodelle en op 49 lyk Cindy steeds pragtig. Sy deel haar geheime vir haar jeugdige voorkoms met die blog en e-winkel Violet Grey.

“Doen alles waarvan ons reeds weet: Moenie rook nie, slaap genoeg, drink baie water en vind iets wat jou gelukkig maak,” sê Cindy. As jy doen waarvan jy hou, kry jy meer selfvertroue – en mense kan dit aan jou uiterlike sien.

Sy sê ook jy moet konstant en oor jare die “regte” dinge doen – daagliks sonskerm aansit, elke oggend en aand gesig was, en nagroom, oogroom en serum gebruik… “Wanneer jy dit as 35-jarige doen, gaan dit nie so ‘n groot verskil maak nie. Maar wanneer jy by my ouderdom kom, begin jy die resultaat daarvan sien.”

Sy sê ook sy het met ouderdom agtergekom dat haar hare se tekstuur verander en dat dit makliker breek. “Ek is nou versigtiger met my hare. Ek was en maak dit nie elke dag droog nie.”

Cindy en haar 13-jarige dogter, Kaia

#Regram @OffCameraShow by @SamJonesPictures •

A photo posted by Cindy Crawford (@cindycrawford) on

Kaia en haar broer, Presley

Loading

Happy Birthday @kaiajordan! Your the best sister i could of asked for and i hope you have a great day! Love ya!

View on Instagram

Bron: Violet Grey

Lees ook