Cindy Crawford op die voorblad van Vogue India. FOTO: Vogue India

Het jy gehoor?

Cindy Crawford – soos jy haar nog nooit gesien het nie

’n Foto, onaangeraak deur Photoshop, is besig om op sosiale netwerke te versprei. Dit is Cindy Crawford, die werklike en eerlike Cindy Crawford …

As ons die kuberruim moet glo, gaan dié foto net so in die April-uitgawe van die vrouetydskrif Marie Claire verskyn, maar die tydskrif sê net dis deel van ’n fotosessie wat in Desember 2013, toe Cindy 47 jaar oud was, gedoen is vir hul Mexikaanse en Latyns-Amerikaanse uitgawes. Dit is ook blykbaar sonder hul toestemming versprei.

Ongeag waar die foto vandaan kom, ons dink die oorwegend positiewe reaksie wat dit uitgelok het, is fantasties. Die meeste mense hou daarvan dat die ware vroulike liggaam gevier word.

Cindy vier dié week haar 49ste verjaarsdag en het verlede week aan die Amerikaanse Marie Claire die volgende oor ouderdom te sê gehad: “Ek dink regtig dat dit op enige ouderdom belangrik is om gemaklik in jou eie vel te wees …

“As vroue dieselfde liefde vir hulself het as wat hulle vir hul vriendinne gee, sal dit só ‘n goeie geskenk aan hulself wees… Wat jou aantreklik maak, is selfvertroue. Dís wat mense sien.”

Cindy se man, Rande Gerber, het dié sexy foto van sy vrou die dag ná Valentynsdag op sy Instagram-blad gedeel.

She got flowers and I got her. Happy Valentines Day @cindycrawford

A photo posted by Rande Gerber (@randegerber) on

Bronne: Marie Claire en Hollywood Life

Lees nou