Het jy gehoor?

Ciske Kruger wys haar troufoto’s

Die aktrise en haarstilis Ciske Kruger, bekend vir haar rolle in Bakgat en Getroud met Rugby, het onlangs getrou. 

Sy en haar man, Kristof Kruger, ’n sakeman van Johannesburg, het op 3 Mei 2015 getrou. Haar dogtertjie uit haar huwelik met Ivan Botha, Amelie, was die blommemeisie en sy het pragtig gelyk in haar goue rok.

Die aktrises Zetske van Pletzen en Christel van den Bergh was twee van haar strooimeisies.

Ciske het op Instagram ’n paar foto’s van haar groot dag gedeel

Lees ook