eva_green_the_bond_girl_from_casino_royal_london
Het jy gehoor?

Clara skuur skouers met vorige Bond-meisie

Angelique, die nuwe aanbieder van kykNET se Boer soek ‘n vrou, het dié geleentheid as ambassadeur van die 46664-armbande bygewoon.

Sy het ook vir Lutz Bethge, die uitvoerende hoof van Montblanc, wat bekend is om luukse bykomstighede, ontmoet, asook Robert Coetz, die brein agter die hele 46664-veldtog.

‘n Groot foto van Angelique op ‘n 46664-advertensie is nou in alle vooraanstaande Montblanc-winkels te sien, onder meer in Old Bond Road in Londen.

“Ek was vyf jaar gelede vir twee jaar in Londen, en toe sou ek nie in my wildste drome kon dink dat my gesig in Old Bond Road sou pryk nie,” het Angelique opgewonde aan SARIE vertel. Daar is onder meer winkels van Alexander McQueen, Gucci en Chanel in dieselfde straat. “Ek voel so geseënd, dit is regtig ongelooflik. Ek dink nie dit het al behoorlik ingesink nie.”

Die nuwe 46664-boek bestaan meestal uit foto’s en verduidelik ook hoe die inisiatief ontstaan het.

Die 46664-inisiatief bied aan mense wat met MIV/vigs leef ‘n kans om ‘n inkomste te verdien. Hulle word geleer om juwele te maak en meer as 150 mense is al in permanente poste as juweliers in ondernemings aangestel.

Elke jaar word een besonderse armband, die Legacy, deur ‘n ontwerper gemaak. Dié armband word dan opgeveil en die wins word aan kinders geskenk wat albei ouers weens vigs verloor het.

Vanjaar is die SA ontwerper Oresti Mavrodaris gevra om die Legacy-armband te ontwerp. Dit is gemaak van ysterhout met goue ringe om en aan die binnekant goue detail wat lyk soos boomtakke. Die armband is ook versier met diamante en ander kosbare stene. Dit is by ‘n ander geleentheid vir R2 miljoen verkoop.

  • C.Lombard

    Clara: Ek mooi lyk met dure armband, ja ja, Diedie ook daarvan hou!!!

  • Louise

    Pragtig – hierdie meisiekind is vinnig oppad boontoe.

  • Bokka

    Diedie my beste spesiale friend!

  • estelle

    Angelique of "Clara" baie geluk, dis wonderlik om n Suid Afrikaner te sien wat suksesvol oorsee is. Sy bly maar oulik.

  • Marleze Bester

    Angelique baie geluk ons is baie trots op jou. En ek wens jou alle sukses toe, ons is baie trots op jou.

  • Anel

    Pragtig pragtig baie geluk Angelique!! Jy is en bly die beste karakter in 7de LAAN. Ons love jou so baie. Jy is ongelooflike talentvol. Wow jou foto in Montblanc-winkel is so pragtig in Old Bond Road in Londen.Ek is trots Afrikaner om jou foto daar te sien.

  • Brian

    Clara jy is ongelooflike talentvolle meisie. Dan is jy sexy ook. Baie geluk ek volg jou loopbaan. Jy gaan nog baie groot hoogtes bereik. Jy is ons gesin se mees geliefde karakter.

  • marthinus j e p

    Ja , wys jou nou net weer n diamant uit die oos rand, ons kweek net goeie dinge hier by ons.

  • Barries Barnard.

    Geluk Meisiekind. Voor my grootgeword en geweet jy gaan dit eendag nog ver bring. Baie trots op jou.
    Wag nou vir Hollywood!!!!!

  • Gideon

    Good for you Marthinus jy is heeltemal reg. Geluk Oos Rand Angelique is die heel beste. Jou vertloking van Clara is uitstekend. Al ons familie is gek oor Clara. Was ons kwaad vir Comrades Sondag. Ons kan nie genoeg v an Clara kry nie. Jy is goeie ambasadeur vir Mandela se 46664. Wat ‘n eer!

  • Elsabe van der Merwe

    Ons is so trots op jou, jy verdien elke kompliment!

  • Guida

    Jy is fantanties !! Baie geluk …………..

  • Graehem

    Angelique ons so trots op jou. Ons love jou en ons love Mandella. Jy is die mees talentvolste aktrise in Suid Afrikas ons het soveel respek vir jou. Dit is een van die moeilikste rolle op al die sepies en jy vertolk jou rol so oortuigend. Jy het diep in ons harte gekruip.Wat ‘n stêr!

  • Rosa Mare

    Angelique. Ek ken jou nie, maar is trots op jou. My dogter LOVE jou in 7de Laan. Jy vlieg hoog en daardie Advertensie Foto is pragtig. Veels geluk. Alle voorspoed en seen vir die toekoms.

  • Marianne

    Ons is so trots op jou. Jy’s my dogter se rol-model. Sy vertel vir almal haar ma het saam met Clara se ma gewerk. Wees altyd so pragtig.

  • Nan Spoelstra

    Pragtig! Mag jy die volgende BOND meisie wees! Ek sal vir jou stem!!

    Ons mis jou Clara!!!

  • victor

    Hierdie kind is stunning.Veels geluk. Jy is pragtig. Jy het ‘n uitmuntende werk gedoen met Clara. Ons is versot op Clara, Veral my klein dogtertjies is mal oor jou. Jy is hul super hero.

  • Jackie van Staden

    Baie geluk Angie. Al die harde werk was nie verniet. Nou pluk jy die vrugte. Jy is ‘n stunning meisie en ek glo jy gaan dit nog baie ver bring. Bly altyd so nederig want dit maak jou spesiaal.

  • PREMIE LUTCHMAN

    ANGELIQUE-I AM SO IMPRESSED WITH YOU,YOU ARE ONE IN A MILLION LUV YU GIRL

  • René Steenkamp

    Stunning foto van jou, jy lyk soos’n regte Hollywood model, net baie mooier. Ons familie baie trots om ‘n "seleb" in die family te he.
    Jy gaan dit nog baie ver bring met al jou talente.

  • Ria

    Baie geluk Angie, ons hou duim vas vir groter dinge!

  • Karen Whittal

    Angelique, I am so proud to be able to say, I have known you since you were a little girl, and I will continue to brag to all my friend. Good Luck, my prayers are always with you

  • Lynette

    Angelique jy is en sal altyd sonskynkind bly. Al jou harde werk vandat jy vyf jaar oud is pluk jy nou die vrugte. Liewe Jesus het jou vyf talente gegee en jy het met hulle gewoeker en nou het jy al vyftig talente indien nie meer nie. Jy is net regtig so geseend om so ‘n fantastiese mensie te wees. Ek is ook mal oor Clara. Dit gaan beslis nie meer dieselfde wees sonder Clara in 7de Laan nie. Baie sterkte met Boer Soek ‘n Vrou, troureelings en nog Honoursgraad met Sielkunde. Alles in een jaar. Hoe sê die spreukwoord. Geen net iets vir ‘n besige mens om te doen. Jy is veseker een van die mees flinkste mense wat ek ken. Lief jou oneindig baie. God seen jou.Sterkte

  • mONIQUE

    Sjoe Angelique jy is darem so ‘n pragtige meisie en het al soveel bereik. Baie geluk hoor, dis wonderlik hoe jy gevorder het met jou loopbaan. Ek voel geeerd om te dink ek ken jou al vandat jy klein was. Sterkte met jou loopbaan verder! Jy is so voorbeeldig en ons sien op na jou. Hoop jy dans nog. Ons ken jou as die Super ballerina. Ons het jou altyd so beny en geweet vandag raap jy weer al die bekers voor ons kinders weg! Good vir jou. Jy verdien alles. Jy was altyd besiger as miere. Glo my miere is busy beez! O ja ons is ook soos al die ander lesers reeds gesê het baie lief vir Clara

  • Marietta Booysen

    Sjoe, wat `n ongelooflike geleentheid!! Baie, baie geluk!! Jy is pragtig en ek hoop dat dit die begin van groot sukses vir jou sal wees. Dis lekker om te sien as van ons mense so suksesvol is! En dan is jy nog deel van Avroy Shlain Boksburg ook!!! Gedorie – ons is bevoorreg!!

  • Go girl go!BERNIE

    Baie geluk Angelique. Jou loopbaan is omtrent soos ‘n vuurpyl eenrigting boontoe! Jy lyk stunning! jy vertolk jou rol uitstekend! GO GIRL GO.

  • estelle

    Ons eie Jennifer Lopez met jou nuwe haarstyl. geluk dit is ‘n groot prestasie. hou so aan jou loopbaan is voorwaar oppad na riches toe. Jy verdien dit. Clara is ons liefling . Jy is die heel beste aktrise

  • Marinda Halgryn

    Angelique, ons is almal baie trots op jou! Jy gaan nog groot hoogtes bereik en ons staan bankvas agter jou, my meisie. Moet nooit ophou om jou drome te bewaarheid nie. Daardie foto van my saam met jou en jou ma by die Kensies reunie is baie kosbaar vir my. Alles van die beste.

  • Niccy

    Baie geluk Angelique! Hoop daar is nog baie suksesse wat vir jou wag!

  • Dee

    GelukAngelique jy gaan dit nog vêr bring in die lewe. My hele familie is gek oor jou. Ons is net nie bewus dat jy uit 7de laan gaan gaan nie. Ek gaan beslis nie meer 7de laan kyk as jy uitgaan nie. Clara is die rede vir ons gesin wat na 7de laan kyk. Sterkte

  • Elma Appel

    Monique moenie sleg voel nie ons kinders het altyd teen Angelique kunswedstyde gedoen ons kinders was so negatief want as daar 20 afdelings is waaraan Angelique deelgeneem het van onvoorbereide lees tot onvoorbereide toesprake, monoloog, prosa, poesie, mimiek ens.ens, het sy met al die trofee weggeloop. Sy het altyd A+++ gekry. Welgedaan Angelique jy het great vir jouself gedoen. Welgedaan superstêr. Ons hou jou loopbaan dop.

  • Piet Ballas

    Ek word ook groot (op ander plekke) as ek na haar fotos kyk.

  • shirley

    Baie geluk jy is die beste. Jy verdien dit. Jy is een van ons beste akteurs in Suid Afrika. Ons love jou